|
VOOR DIE KAMERA TINARIE VAN WYK LOOTS Het haar leer ken toe ons saam gewerk het op n 'Amerikaanse' movie wat hier geskiet is. n Ervaring wat nie een van ons twee op ons CV's sit nie. Sien ek Sy speel Lara, n natuurlik nuuskierige 'Reporter' van Molopo FM, Lichtenburg se eie radiostasie waar daar nuus, musiek en stories van die mense van die omgewing is. En wen resepte. En sy vertel die storie. Wat begin met n interview met Oudolf de Lange (Marcel van Heerden) een van die laaste delwers op Bakerville buite die dorp. En sy hond Pernans. En begin spoed optel as eers een De Lange man ,Oudolf, haar vra om hom by die Polisiestasie te kry om haar aan sy oorlede pappie se kopbeen voor te stel. En dan Dolf, sy kleinseun, wat haar voor vier in die oggend wakker bel om te hoor of sy dalk weet waar sy oupa kan wees. Want hy is weg, hy en sy hond en sy bakkie. En sy is die laaste mens wat hom gesien het. So sê die cops. Hulle eerste ontmoeting gaan maar wankelrig. Sekere dinge wat Oupa Dolf gesê het het in die interview het duidelik n senuweetjie geraak. Op die ou end kom hulle ooreen om die oubaas te gaan soek. 'Want sy like hom en sal wil sien dat hy orraait is'. En hy't teruggekom om sy oupa se orrel vir hom terug te gee. En daai senuweetjie sal bly pla as hy dit nie kan doen nie. En… Min wetende wat die res van die nag en dag sal oplewer. Lara se karakter soos Dolf se karakter vorm die middel van die storie vertel proses. Wanneer hul paaie kruis gebeur dinge om hulle en met hulle met spoed. En moet hulle spring. Om uit die pad van n paar waansinniges te bly. So lyk haar CV. (in Engels) Recent theatre credits include Amadeus, Faan se Trein, Doubt, Women Beware Women, and the Mechanicals' Glengarry Glen Ross and Buried Child. On local screens, she has been seen in e-tv's Backstage (for which she received a Viewer's Choice Award in 2003), Orion, Geraldina II, Transito (kyknet), Interrogation Room (SABC 1), Hansie, and most recently, Hond se Dinges. Amongst international performances listed are The Poseidon Adventure (NBC), The Mojave Phonebooth (Independent), Silent Witness (BBC) and When Shadows Burn (Independent). In December she started rehearsals for The Tempest with Sir Anthony Sher and Dr John Kani in Cape Town at the Baxter, opening on the 22 of January, whereafter the company will perform at the Royal Shakespeare Company and tour the UK. Sê Tinarie: 'Vandat Johan vir my die storie vertel het, seker drie vier jaar terug, moes ek net Lara speel. Wou ek net Lara speel. n Interessante en regte mens met net so tikkie geheimsinnigheid aan haar. Die storieverteller in n movie. What more can a girl ask for?'
IVAN BOTHA Ek het gehoor van die outjie en toe ek hom sien het ek geweet hy's Dolf. En hy't sy eie negotiations gedoen wat nogal unnerving was. Hy weet wat hy wil hê en kry dit As ek deur sy agent gewerk kon ek hom vir halfprys gekry het. Jy's nooit te oud om van die jongetjies te leer nie. En voor die kamera is hy net so selfversekerd. En nooit windgat nie. En het hy met dieselfde toewyding die balans behou wat sy karakter gevra het. Ek onthou hoe hy eendag in verwondering gese het hoe bevoorreg hy is om saam met grotes soos Marcel en Frank en Nicola en Tinarie op een stel te wees. Eendag sal hulle dieselfde van jou sê. Hy het begrip en insig wat jy by n veel ouer mense verwag. En passionate. Ai Die jongmense. Aan hulle behoort die toekoms. Mooiloop. Jy't alles voor jou. Hou jou voete op die grond en jy loop n lang pad Sy Bio: Het sy N Dip in Drama in 2006 by Tshwane Universiteit van Tegnologie gedoen. Het in teks-skryf, regiseurwerk en opvoedkundige teater gespesialiseer. En die prys vir beste akteur in 'n verhoog produksie by die Glass Crown Awards in 2006 ontvang. Hy het in verskeie verhoog produksies gespeel, onder andere, Steven Berkoff se "Secret Love Life of Ophilia"(Hamlet), KKnK produksie "Skimmespel" en Aardklop produksie "Dis Ek Anna". Ook in die M-net Edit kort prente "Bloedrooi" en "Size 14". In 2007 in die SABC 2 produksies "Justice for All" en "Riemvasmaak". Tussen 2007 en 2008 het Ivan op die Kyk Net produksie "Villa Rosa" die rol van Roberto Martinelli vertolk. Sy deurbraak Movie; Wimpie Koekemoer se BAKGAT Skryf vir opvoedkundige teater. En is tans besig met die skryf van 'Superhelde' n movie wat in September 2009 geskiet word. Hy speel Dolf de Lange kleinseun van Oudolf (Marcel van Heerden) n Bietjie jonk en bietjie naief; en leier van die band Gruisgat in Joburg. Omdat hy die middel van die storie is leer ons hom ken oor die verloop van die movie. n Bietjie losgat maar orraait soos sy Oupa se. Wanneer die band opbreek en hy uitgeskop word besluit hy om die traporrel wat hy by Oupa Dolf geleen het, terug te vat. Lichtenburg toe. Die feit dat maar kakkerig voel oor hy sy Oupa meer as n jaar laas gebel het maak die besluit nie makliker nie. As hy daar aankom is sy Oupa weg. En sy hond en sy bakkie. En die laaste persoon wat hom gesien is onse Reporter van Molopo FM. Lara. En hy en die reporter Lara beland saam in n taamlik bizarre avontuur. Met en car chases en skietery en vuisgevegte en wenresepte vir die radio. Sê Ivan; 'Die rol van Dolf is n natuurlike progressie vir my van Wimpie Koekemoer in Bakgat na Dolf in hierdie movie. Die blootstelling aan nuwe manier van doen, aan n ander geslag van movie mense en akteurs was n avontuur en moerse voorreg. 'Die kalmte en rustigheid op stel was impressive. Elkeen het sy rol gehad, elkeen het geweet wat hy doen en dit het meegewerk tot die maak van baie nice movie. Iets heel anders en oorspronklik. En n nice moviemaak ervaring. Die tweede lekkerste ding vir my was die car chase en paar ouens bliksem. Die eerste sal jy moet sien in die movie.
NICOLA HANEKOM Nicola het haar Diploma in Drama aan die Universiteit Kaapstad ontvang en werk vir die afgelope dertien jaar as 'n vryskut aktrise. Hoogtepunte in haar loopbaan sluit in, "Husk", 'n kort film waarvoor sy 'n Stone-toekenning gekry het. In die teater ontvang sy 'n Vita-toekenning vir beste ondersteunende aktrise vir "Ek, Anna Van Wyk" en in 2006 word sy genomineer vir 'n Fleur du Cap vir beste aktrise vir haar vertolking van Ingrid Jonker in "Altyd Jonker". Op die kassie was Nicola al te sien in onder andere "Plek van die Vleisvreters" en "Transito" en die internasionale reeks "Human Cargo". Verlede jaar speel sy in "Smag" en "Mag Unplugged" by die KKNK. Nicola is tans sien in "As You Like It." Ons het haar leer ken as n brawe aktrise. Op verhoog en voor kamera. En sy was braaf in hierdie movie. Sy het die karakter gevat en van die papier af gelig en haar eie gemaak Nicola speel Rooi Sarie die Femme Fatale van ons movie. Rooi Sarie maak haar lewe op haar rug. In Lichtenburg. Sy's n decent girl en haar werk is haar werk en sy droom van die dag wanneer sy genoeg gespaar het om Lichtenburg se stof van haar af te skud. Vir altyd. Om saam met haar geliefde Rommel op n eiland met palmbome en see aan al vier kante te gaan bly en nooit weer kraanwater hoef te drink nie en nooit ooit weer hartseer te wees nie Op die radio hoor sy van die groot diamant wat vyftig jaar terug verdwyn het. En die persoon wat die storie vertel is niemand anders as Oom Oudolf de Lange een van haar regulars nie. Hy het sy vaste tyd. Elke laaste Woensdag van die maand. Pesioners's tarrif. Halfprys. En wanneer Oudolf laat Vrydagaand met sy pa se kopbeen onder sy arm en Pernans saam met hom, daar opdaag en aandring op volprys, en sy's nie cheap nie, begin haar kop oortyd te werk. Dan figure sy dit uit: Sy pa se kopbeen. Die diamant. Vyftig jaar Hy het die diamant gekry. En sy laat weet vir Rommel. Haar geliefde. Sê Nicola. 'Ons was op Oudshoorn by die KK & K toe Johan my bel en se ek het die rol van Rooisarie. Ek wou die rol graag hê. Baie graag. 'Ek het elke oomblik van die skiet van hierdie magic karakter geniet. My opdrag was om te soek vir die klein dogterjie in my karakter. n Tragies komiese mens wat net geluk soek Net wil wegkom van dit wat jou herhinner aan aan alles wat naar en onregverdig is' Sê Johan: "Dit was die klein dingetjies in die oudisie wat my oortuig het dat Nicola Rooisarie gaan word. En sy't nie teleurgestel nie. In terme van die komedie sou die plot platgeval het as sy gemisfire het. En sy het nie. Wat n voorreg om saam met so n talent te werk." Haar Geliefde, haar Rommel word gespeel deur:
FRANK OPPERMAN So lyk sy Bio. Born 8th of June 1960 in Johannesburg, a Gemini. Grew up in Pretoria but subsequently went to eleven schools. From Worcester, Benoni, Hermanus, Middelburg and finely back to Pretoria where I matriculated at Silverton High School, 1978. My mother was a teacher and I was encouraged to participate in sport and Eistedfods. Lost interest during high school years, but remained a keen tennis player until leaving school. Started my first band in 1976, Henning Pieterse and a guy called Spaghetti were the other band members, and we appeared on a television show with a teenage angst song called "Generation Gap". Studied law at Pretoria University during 1979, got 3% for a Latin test and decided that I'll never be a judge and then did the only other job besides what I'm doing now, and that was working in Secunda on the building of Sasol 2 as an instrument fitter. Went to the army in January 1980. Bethlehem, the Engineer's Corps - spent the first year playing in a military marching band, attending 18 funerals playing the euphonium. The names and ranks of those Angolan war victims still elude me. 2nd year in the army I played in a dance band called "Shrike" (detonator of a landmine) with a Sgt-Major Spiller in charge promptly suggesting we do "Coward of the County" in the key of M. After the army I met a girl who was studying drama and decided that acting seems like an interesting job, and did my three-year national diploma in drama at the Pretoria Technicon. While still studying I made the very wise and grown-up decision for a 23 year old of getting married. My marital bliss lasted a year and a half. On completion of my studies I was awarded the Pretorium trust award for best student. I started working for PACT, the now defunct arts council for the next two years. Highlights were productions like "Spring Awakening" and "Caspar In My Tuin". Another highlight was falling asleep in a piano during a performance of "The Life and Times of Mollier", and ruining an entire show. After being called up for a three month army camp I resigned from PACT and started a freelance career. Spent one whole year writing a Television Series "Honnibal se Toere" with Greg Latter and acted in my first feature film with the now world famous "Mummy" Arnold Vosloo in "Boetie Gaan Border Toe". Then "Orkney Snork Nie", a very popular Afrikaans sitcom came along and my name changed from Frank Opperman to Ouboet van Tonder. It was also during this time that I did the inevitable and married my second wife Susan Coetser in 1988. We had a son 12 months later and called him Frankie. The marriage ended in 1992. "Orkney Snorknie" ran for 56 episodes. I acted in a movie called "The Stick", directed by the now Oscar nominated Darryl Roodt. Then "The Big Time" TV series arrived and I played a Cypriot emigrant Chris Karedes. "The Big Time" garnered all the now defunct Artes awards two years in a row. Co-wrote episodes of the series. In between all of this were numerous feature films and guest appearances on TV shows. Co-wrote 2 feature films with Nicky Rebello: "Tough Luck" featuring myself and the now passed on Tolla van der Merwe and "No Hero" starring Steve Hofmeyr. Moved to America in 1993. Stayed in Los Angeles for a year and a half and was granted a green card: Alien of extraordinary ability (only in USA!). My first year was spent hanging around waiting, doing all sorts of menial jobs. I was the first person to be legally given a dose of MDMA (ecstasy) on American soil in a scientific experiment at the Harbour Medical Institute in Los Angeles. The BBC filmed it and I earned $700 for the whole affair. Found an agent and a manager and once I was legal, started attending auditions. Made a guest appearance in an American sitcom "Coach" and made an appearance as a cop in a movie with a very inebriated Jean Michael Vincent. I reminisced about his appearance on the Sunday Times front cover, spotted at a place of ill repute, clad in just his undies with three sticks of DP stuck in the rubber of his jockeys. That made me think of home - so I came home. America was a humbling and wonderful experience. Back in South Africa I was so impressed with the Bassline Jazzclub in Melville, Johannesburg that I bought an old Post Office in Pretoria with the idea to convert it into a Jazz club. Ran out of money, got involved with some Greek Partners and the rest as they say is "ghistory". There is no Jazz club in Pretoria. i then became a partner in the Bassline. Brad Holmes from Krugersdorp was about to close down. I was the co-owner for 4 years. Lots of whisky, lots of music and lots of late nights. Two Afrikaans TV series followed: "Kabinet" and "Iemand om Lief te Hê". I beat up Jackie Chan in "Who am I?" This was the only time my son has ever been impressed with anything I do, besides my appearance on Gladiators where I made it up the travelator and so beating Marcs Maponyane. Due to an overdose of music I started getting addicted to it myself and got together with friend Michael Maxwell. We composed 12 songs and released a rock album called SERIAL BOYFRIEND, something I was once called by a now ex girlfriend. Got together a hot band featuring Barry van Zyl, Concorde Nkabinde and Anton LaMour. Performed at Oppi Koppi and did a 10 gig tour to Cape Town. Started doing theatre again after an absence of about 12 years. "Talk Radio" was directed by Craig Freimont and we did a month run at the Civic Theatre in Johannesburg. Spent two months in Stellenbosch rehearsing and performing in the Pantomime "Rookoppetjie", directed by Marthinus Basson. I played the big bad Wolf. Did another sitcom series of 52 episodes after the new millennium, called "Gauteng-Aleng", written and directed by the very brilliant Willie Esterhuisen, the creator of "Orkney Snorknie". Got into the live theatre thing and started performing one man shows. Harry Kalmer wrote two of them for me: "25 Vrouens" and "Meneer de Beer". Both were turned into short films for TV and broadcast on M-Net. In between I do radio ads and voice overs and did a 40 show Mine safety corporate show with Desmond Dube. At the moment I am doing a one man comedy show, Die Uwe Potie Potgieter", written for me by Dana Snyman. And Wyk Veertien. My daughter Ena was born on the 16th of November 2006. Life is good. Frank speel Rommel Coetsee. Sarie se geliefde. Hy kan die aard van haar werk nie vat nie en wil net so graag van Lichtenburg af wegkom soos sy. n Kind van die Delwery op Bakerville. En nie reg nie. En sy job as supervisor by Wes Transvaal Sekerheids Dienste is net dit: n Job. Wanneer die twee tot die gevolgtrekking kom dat Oudolf die diamant moes gekry het begin die chase en word die waansin aangedraai. En daar is n geskiedenis tussen die Langes en die Coetsee wat van ver af kom. Sê Frank: 'Baiekeer word ek nog 'Ouboet' genoeml. En hoewel Ouboet vir my goed was dink ek dis tyd na al die jare om n bietjie aan te beweeg. Die karakter van Rommel is iets heel anders. Anders as Ouboet of Kris Karedes in Bigtime of Pottie Potgieter.Johan is al lank besig met hierdie movie. En toe hy eindelik geskiet word was dit in die middel van die run van Pottie Potgieter. Deur die dag was ek Rommel Coetsee en saans was ek Die Uwe. Pottie Potgieter. Bedags in Joburg en saans In Rustenburg of Centurion of Springs. Sê Johan: Frank en my pad kom al n entjie. Tough Luck saam met Tolla. Jackie Chan se Who am I? No man's Gold. Dis die een wat Tinarie nie op haar CV het nie. Waar sy n stom enetjie in n catsuit speel. Wat ons nie vir n lewe doen nie. Ai. Dit was na Toughluck dat Frank en ek in soveel woorde vir mekaar gesê het dat eendag, eendag gaan ons iets anders probeer doen. En Frank het sy kant gebring. Sonder enige voorbehoude. Sy karakter gevat en deel van die avontuur gemaak. Hy was uitstaande. n Beter Rommel sal jy nooit sien nie. Nou moet mens maar sien of Hond se Dinges 'anders' is. Ons hoop so.
LOUW VENTER 'Bertus' Die lewe het beslis vir Bertus n paar taai klappe gegee. En dit het heelwat te doen met sy vermöe om voortdurend in die stront te beland. Akoestiese kitaar speler in die Band Gruisgat en Dolf se dopey vriend met sy eie hangups. En goedbedoelde maar nuttelose advies oor menseverhoudings. Veral verhoudings met vroue. Oor 'Daai soort chicks wat jou opvreet. Lewendig. Voor brekfis' En dit vir n paar sekondes van plesier. n Klankbord vir Dolf. En altyd daar vir hom. Op sy manier. En nie braaf nie. Louw Venter: Standup Comedian. Serious actor voor kamera en op verhoog. Vervaardiger Skrywer Regiseur. Grafiese kunstenaar. Enigiets. Hy kan dit doen. Hy is meestervakman met n skerp waarnemingsvermoe in instink. En vreesloos. Serious shit man.Hy was altyd Bertus. En wat n Bertus was hy nie. Ons het by tye net kon toekyk hoe hy die karakter vat en laat lewe op n manier wat stomslaan. Of jou dwing om jou hand voor jou mond te sit om nie uit te bars van die lag nie. Special. Baie.
MARCEL VAN HEERDEN Met die karakter Oudolf bereik die anti-held en outsider rolle waarvoor Marcel oor die jare bekend geword het die heroїse fase. In dié stadium van sy lewe kan hy bekóstig om nie ʼn donder om te gee nie. As een van Suid Afrika se vóórste akteurs het hy hom toegespits op vernuwende inheemse sowel as klassieke teater, afgewissel met tv dramas, ʼn paar prikkelende kort films en meer as twintig rolprente waarvan die mees prominente Mapantsula en The Flyer is. Marcel was "sanger" vir die kultusgroep KOOS wat op die voorpunt was van Afrikaanse protes musiek, sowel as vir die vertoonkuns groep MudEnsemble wat (onder andere) die wêreld aan die brand gesteek het in die industriële/klassieke genre. Op die oomblik is hy besig om die hogere kuns van radio komedie te herontdek met n groep wat bestaan uit ʼn blinde regsgeleerde, ʼn looserbilly musikant en ʼn publieke kuns aktivis. Sê Johan: 'Voor die skiet van Hond se Dinges het Marcel vir my gesê dat hy na hierdie movie natuurlik nooit weer sal werk nie. Dis nou oor die naaktonele en die gedingesery sommer so oop en bloot. Neem ek aan. Maar. Wat n voorreg om met so n gentleman en totale pro te gewerk het. Hoveel jare se intuisie en aanvoeling en ervaring het nie in die karakter van Oudolf ingegaan nie? Om daai balans te hou. Ek kan nie eens begin begryp wat dit gevat het nie. What a pleasure. En. Marcel ek hoop jy's baie verkeerd oor jou toekomsblik en dat Die Hond jou gaan help tot nog groter hoogtes. Baie dankie.'
GAP SPEEL DIE ROL VAN PERNANS Om te sê dat ek na twintig honde gekyk het om Pernans te speel sal n lieg wees. Hy was net eendag daar in n TV ad vir een of ander fast food plek, waar hy in grom vir die ou se maag wat grom. Of so iets. Hy was die hond. Hy moes net leer grou. Kopbene en sulke goed. En Piepie on cue. Ons het hom vir drie dae lank agtervolg om hom te kry waar hy piepie. Ongelukkig sal jy die hele movie moet deurkyk om te sien of ons geslaag het. Of nie. Sorry. Op n ernstige noot Daar was min kere waar DIE hond nie gedoen het wat ons gevra het nie. n Groot deel van die amazing performance was natuurlik die commitment van die honde Wrangler Irene Haselau en Gap se Ma Ronnie Magic. In die DVD wys ons hoe van die goed reggekry is. Die moeite wat gedoen is. Hierdie optelbrak is n superster in wording.Sê Pernans. 'Toe ek die draaiboek lees het ek geweet hierdie rol is vir my. Jy kan sê ek was gebore om Pernans te speel. En met die hulpn van my medespelers en die filmspan het ons dit afgetrek. Net die sekstonele was by tye n bietjie ongemaklik by tye. Gelukkig is dit met groot smaak gedoen. sê Johan: Pernans was die naam van my ouma se hond. n Great Dane Boerboel kruising. Reusagtig. Hy het net gevreet en geblaf en almal uit die huis uit gepoep. Daar was orals vuurhoutjieboksies in die huis om die stank uit dryf.
TERUG HOMEPAGE
|
|