the writing studio

SOUTH AFRICAN FILMMAKING HOND SE DINGES

SINOPSIS
Die diamantdelwery by Bakerville, naby Lichtenburg. n Onopgeloste moord. n Verlore diamant. n Honderd jaar oue traporrel.
Oudolf de Lange delf nog op n manier, hy en sy hond Pernans.
Sy kleinseun Dolf try n lewe maak in Johannesburg met sy band 'Gruisgat' Sy girlfriend en leadsinger is Marita. En Dolf is op die traporrel. Wat hy by sy oupa geleen het.
Lara, reporter van Molopo Fm. Lichtenburg se eie radiostasie doen n interview met Oudolf wat ou wonde en paar geraamtes oopkrap. En aan die odd gewete karring.
Marita skop Dolf en Gruisgat onder hul respektiewe gatte om "haarself te re-invent" En Dolf onthou dat hy nog n oupa het. En vat die traporrel terug.
En dan, die aand na die interview uitgesaai is, grawe Pernans, Oudawid wat meer as vyftig jaar gelede verdwyn het met n vyftig karaat diamant se kopbeen uit.
Oudolf rapporteer sy Pa se moord van 1953 by die polisie. En daarna het hy 'ander besigheid'
Maar Rooi Sarie, ons dorp se sekswerker is nie amused nie. Oudolf het sy vaste tyd: met pensioner's tariff, elke laaste Woensdagmiddag van die maand. Maar Oudolf dring aan. Volprys. Net die beste.
Maar iets pla. Iets is nie reg nie. Die kopbeen? Volprys? Vir die naweek? En sy's nie cheap nie. Dan click sy. Oudolf het die diamant gekry. Dieselfde een waarvan Rommel haar vertel het. Waarvan Oudolf in die interview op die radio gepraat het. Wat jare gelede verdwyn het.
Sarie se droom is om weg te kom van hierdie lewe. Om met haar geliefde Rommel op n eiland met see aan al vier kante te gaan bly en nooit, ooit weer hartseer hoef te wees nie.
En sy bel vir Rommel. Haar Romie. Hy gaan haar help om hulle droom waar te maak.
Dolf arriveer met die orrel by Oudolf se huis, maar hy is weg, hy en sy hond. Die laaste persoon wat met Oudolf gepraat het is Lara, die reporter van. Dolfie bel haar.Voor vier. In die oggend. Sy's nie impressed nie. Niks nie. Maar sy ken n storie as sy hom sien. Sy like die oubaas en dis juis haar onderhoud wat die ou wonde en geraamtes oopgekrap het. En sy is intrigued met die outjie met sy oupa se orrel op sy kar se dak. n Reporter se droom.
So sy help Dolf soek na sy Oupa en sy hond. Tot ligdag toe en verby. Tevergeefs.
Want Rommel Coetsee het van Oudolf ontslae geraak. Niks, maar niks gaan hom en sy Sarie van die diamant en hulle droom weghou nie. Nie die keer nie.
Behalwe dalk die diekensbrak. Pernans. Maar waar is hy?
Die stryd tussen Coetsees en de Langes vlam weer op. Dit was Rommel se oupa daai dag toe Oudawid met die diamant verdwyn het.
En soos altyd, gaan dit oor dinges  uh  diamante  of vroumense  of beide.

In die ou dae by Heyns Films moes ek toekyk hoe ander die pret het terwyl ek met die boekhouers en commissioning editors moes sukkel. Onthou The Game? En Homeland? En Tough Luck met Frank en oorlede Tolla?
So. Ek moes een movie self maak voor ek nie meer kan nie. Voor ek nie meer daar is nie. So sorry for you. Skryf en Direct. En n Alfred Hitchcok. En vir een keer steur ek my nie aan boekhouers nie.
Die storie het lank terug begin. Aan al die mense wat herskryf na herskryf moes verduur en lees. En probeer reghelp het. Dankie en sorry. Dit sluit Johann Porgieter en Frank Opperman en my arme vrou in. En nog n hele paar ander. Sorry.
En aan my afstammelinge en erfgenane. Bid dat die ding werk anders is julle erfgeld moertoe.

DIE STORIE EN DRAAIBOEK
As kinders op Lichtenburg het ons stories gehoor van diamante. Bottels vol. Van Siener van Rensburg. Van traps. Fortuine wat gemaak en verloor is. My pa was amper getrap. Iemand het n diamant aan hom probeer verkoop. Hy het later jare geblyk n diamant speurder se operator te wees. En dit omdat my pa die speurder se vrou gefire het.
Die storie het begin met n vae idee om iets anders, iets van die wal af te prober doen, iets waarin ons onsself nie te ernstig opneem nie.
Met hopelik interessante karakters wat interessante goed doen. Apolities. Wat hulle nie steur aan wat ander mense van hulle dink nie. En party wat hulle gatte aan ons afvee.
Vir iemand wat tot op daardie stadium nog nie n draaiboek geskryf het nie, is dit natuurlik 'a piece of cake'. Ek meen hoeveel draaiboeke het ek nie al gelees nie. Ek weet mos hoe die goed lyk.
En soos ek sou uitvind is draaiboek skryf soos moviemaak n verradelike en lang en pynlike proses wat behoort aan baie m ense. Waar jy moet klou wat jy het. En keer vir jou wiekets en weet wie jou vriende is. Waar party opinies of te lig of te swaar geweeg word. Waar jy te min seil op jou dobberende bootjie sit. Of te veel. In iedere geval sink die skip. Dan is dit uitbail en druipstert van vooraf begin. Dis nie vir sissies nie.
Johann Potgieter, skrywer van baie, het gehelp dat ek nie al die varke oor die krans jaag nie. En Frank (Opperman) het kort kort met n nuwe paar varke daar aangekom. Die kant toe dan daai kant toe. Nagte deur.
Teen een uur die ogend het ons opgegee op die varke, en met skape begin boer en teen drie uur was die varke terug en die hele ding gesign geseal en gedeliver.
Hoeveel hangovers skryf n draiboek? Ek kan nie onthou nie. Wil dalk nie, maar die skryf het seker ses of sewe jaar gevat.
Sê Potgieter; 'Wou nog altyd saam met Heyns en Opperman iets doen. Iets soos die'. My grootste job was om die varke op hok te hou. n Vorm van sanity tussen al die uiteenlopende wyshede en waansin. Dit was groot pret'.
Net in case julle nie weet nie hier's n 'grafskriffie' soos hy dit noem, van Potgieter.
Johann Potgieter is 'n joernalis en draaiboekskrywer van Robertson in die Weskaap. Hy is die skrywer van televisiereekse soos The Game, Known Gods, en andere, en van speelfilms soos Halfmanspunt, Vyfster: Die Slot, The Gospel According to Matthew en The Long Run.
Die storie was maar grusaam aan die begin en het met tyd en die invloed van ander meer mak geraak. Hier het Johann Potgieter sy deel gedoen.
Oudolf en Sarie en Rommel was altyd daar. Potgieter het die mense help lyf gee. Lewendig gemaak. En van die snaakste tonele in die movie is sy uitdinksels.
En Frank. Altyd energieke Frank. Die oorspronklilke gedagte van n honde en diamante smokkel kom van hom af. Jy sal net oorblyfsels daarvan in die movie kry maar so begin goed en verander en pas aan en word geskuur en geskaaf tot dit deel van die hele ding word. Of heeltemaal uitgegooi word. Die Dog Chase Montage is Frank se brainchild.
Dit was Buster (Kameraman) en Tiny (Editor) se idee, toe ons reeds begin skiet het om Louw Venter se karakter Bertus, se rol groter te maak. Saam te vat 'Lichtenburg 'toe. Moviemaak is nie vir een mens nie. En van die beste dele van draaiboeke word nooit geskryf nie. Maar kom van die kunstenaars en ander op die stel.
n Draaiboek eers klaar geskryf as die laaste cut op die editing tafel gedoen is.
Says Sue Heyns:  For seven of the twelve years that I've known him, my husband has had an affair with a twenty two year old boy called Dolf and a hooker called Rooisarie.

DIE TITEL
Die naam van die movie het baie paaie geloop maar altyd terugekom na Die Hond in een of ander vorm. Iets met: 'Elke hond kry sy dag' en ' Hond Se Kierie, Wat is dit Hierdie?!, n Ietwat kru Namakwalandse Afrikaanse uitroep/vraagteken.
Amper iets soos in die Engelse 'I'll be a monkey's arse' En die hond speel n groot rol in die storie. Mens se beste vriend ens.
En uiteindelik is dit die naam wat bly sit het. n Bietjie hardegat miskien, n Bietjie kultuur. Soos Biltong en Koeksisters. Maar op die ou end is dit wat dit is.n Naam vir n Movie.

JACO SPIES - OORSPRONKLIKE MUSIEK.
Medestigter saam met Johrne van Huyssteen van Geblikte Afrikaans - 'n eiesoortige besigheid wat unieke Afrikaanse produkte in blikke vervaardig, bemark en verkoop het. 2002 wen Pendoringtoekenning as Kreatiewe Direkteur vir Onder-die-lyn Veldtog vir die Bemarking van Geblikte Afrikaans.
2001: Medestigter saam met Johrne van Huyssteen en Lienka Coetzee van die bekroonde Afrikaanse "folk-rockgroep", ddisselblom.
2005 - hede: Waag hand as akteur en slaan die rol van Hein Bernard in die gewilde Kyknet sepie, Villa Rosa, los.
Saam met Carli de Villiers is hy verantwoordelik vir die komponeer en versorging van die musiek van die movie.
Hy is by die diepkant ingegooi. Maar dis wat hy wou doen. Musiekmaak vir n Movie. En hulle het geslaag. Met vlieende vaandels.  Maar nie sonder pyn nie. Heen en weer en weer terug. En nog n keer.
Die musiek kant van n movie is werksgewys die gatkant van die proses. Dit moet optouch en of wegsteek of versterk of wat ookal nodig mag wees om n beter movie te maak. En dan verander die regiseur die snit en dan is dit van voor af. Miigraine materiaal.
Maar mens verwag niks minder as briljantheid van iemand wat musiek in sy bloed het nie. Die hart van ddisselblom.
Sê Jaco: 'Dit was my eerste keer. As ek geweet het waarvoor ek my inlaat weet ek nie so mooi nie. Maar die bevrediging van om by te dra om n beter movie te maak met musiek gaan die pyn ver te bowe.'


BUSTER REYNOLDS DOP
n Nederige mens. Wat nie van omkyk weet nie. Sy eerste groot movie was. 'The Gods Must be Crazy' van oorlede Oom Jamie. En hy is jonger as ek. Dis wat hy doen van toe af. Dis wat hy doen vandag nog. Het saam met Buster die eerste keer op die reeks Homeland gewerk wat ons vir die SAUK gedoen het. Hy het n 'Vita' Beste kamera en beligting toekenning daarvoor gekry. Daarna weer n slag met Amerikaners. n Slang Movie. Ons doen die goed om ons kinders op skool te hou. Sonder Buster wou ek nie die movie maak nie. Sou ek nie. Ons spel gholf saam. En op die gholfban leer jy iemand ken. Sy eindelose energie en sy gevoel vir beweging en komposisie maak moviemaak moontlik. Saam het ons enTiny gedink en gedoen en mense gekry om dit saam met ons te doen. Wat n voorreg. En Dankie.
A Bunch of old hands just getting on with it - supported by a new generation of keen film makers watching and learning. The calm, collaborative atmosphere on set was a delight to experience.
You'll note that Buster had just been caught doing his famous hat throwing trick.
'Calm, collaborative'. Hond Se Dinges. Of overgesetsynde 'I'll be a Monkey's arse'. Met sulke nice woorde sal mens glo dis maklik. En dit kan wees as die regte mense hulle hart daarop sit. En almal het.

READ MORE ABOUT THE CAST AND THEIR CHARACTERS

READ AN INTERVIEW WITH DIRECTOR-PRODUCER-WRITER JOHAN HEYNS AND SCREENWRITER JOHANN POTGIETER

THE ART OF SOUTH AFRICAN FILMMAKING

HOME